Die "Wat nou weer" Verwysingsgids reeks bied u kind of leerlinge die geleentheid om self hersiening te doen om Wiskunde konsepte op te skerp. Die 6 bladsy dokument kan maklik in 'n sakkie-lêer in u kind se tas rondgedra word vir naslaan werk by die skool of terwyl hy of sy huiswerk doen.
Brandpunte in die Intermediêre fase word raakgevat in die verwysingsgidse. Die Departement van Onderwys se CAPS dokument is gebruik as inhoud-verwysing. Die gids is beskikbaar as 'n PDF dokument. Die dokument word aan u per e-pos gestuur na bewys van betaling ontvang is.
Ons wil kinders help om hul konitiewe liggies aan te skakel sodat hul toekoms verlig kan word met geleenthede.